Lees die Evangelie

Article Body: 

Christene in die algemeen, word verdeel in twee groepe naamlik:

1) "Rooms Katolieke" en "Protestante" - afhangende van geboorte.

2) "Vrye Kerk" - afhangende van kerk-patroon.

3) "Wedergebore Christene" en "Nominale Christene" - afhangende van 'ondervinding'.

4) "Evangelisties" en "Liberaal" - afhangende van leerstellings.

5) "Charismaties" en "Nie-charismaties" - afhangende van die 'spreek in tale'.

6) "Voltydse Christen werkers" en "Sekulêre werkers" - afhangende van beroep.

Daar kan nog ander kategorië ook wees. Maar nie een van hierdie kategorië handel met die wortel van die probleem wat die Here kom oplos het nie.

Baie weet dat Christus vir ons sondes gesterf het (1 Kor 15 :3). Maar nie baie weet dat die Bybel sê dat Hy ook gesterf het sodat ons nie langer vir onsself sal lewe nie, maar vir Hom (2 Kor 5:15). 'n Meer Skriftuurlike manier om Christene te groepeer sal soos volg wees : "Hulle wat vir hulleself lewe" en "hulle wat die dinge van God soek" of, "hulle wat wêreldse dinge eerste soek" en "hulle wat die koninkryk van God eerste soek" of, "hulle wat geld liefhet" en "hulle wat God liefhet". (Jesus het gesê dat dit onmoontlik is om albei lief te hê - Luk 16:13). Maar ek het nog nooit van so 'n groepering gehoor nie. Hierdie groepering handel oor die Christen se innerlike lewe en private wandel met God, waar die metodes vroeër genoem, met die uiterlike deel van sy lewe handel. Tog is dit op hierdie laaste wyse hoe die hemel Christene groepeer. En as dit die geval is, dan is dit die enigste groepering wat saak maak. Op hierdie metode kan ander ons nie groepeer nie. Ons moet onsself groepeer - want niemand, behalwe onsself, ken ons innerlike motiewe en verlange nie. Selfs ons vroue mag dalk nie eens bewus wees waarvoor ons lewe nie. Ons God het nie hoofsaaklik gekom om vir mense leerstellings, of 'n kerkpatroon, of om in tale te spreek, of selfs om vir hulle slegs 'n ondervinding te gee nie!

Hy het gekom om ons te red van sonde! Hy het gekom om die wortel van sonde af te kap met 'n byl. En die wortel van sonde is: om gesentreerd te wees in onsself, om ons eie wil te soek en te doen. As ons nie die Here toelaat om die wortel af te kap nie, is ons slegs nagemaakte Christene. Alhoewel Satan ons mag verlei deur ons te verbeel dat ons aan 'n hoër klas behoort as ander Christene, as gevolg van ons leerstellings, ervaring of kerk-patroon ! Satan gee nie om of ons die regte leerstellings, ervarings of kerk-patroon het nie, so lank ons net vir 'onsself' lewe. (Terloops, hierdie is net 'n ander vorm van om in sonde te lewe!!). Die Christendom vandag is gevul met Christene wat hulle eie lewe vir hulleself soek, wat tog oortuig is dat God hulle sien as hoër as ander Christene. Dit wys wat 'n groot werk Satan in geslaag het in die Christendom!

In Joh 6:38, sê God dat Hy vanuit die hemel na die aarde gekom het: (1) Om Sy menslike wil te verloën, en (2) Om die wil van Sy Vader te doen, as 'n Man. Daardeur het Hy vir ons 'n voorbeeld geword. Reg deur Jesus se aardse lewe - gedurende Sy 33 ½ jare - het Hy Sy eie wil verloën en alleenlik die wil van Sy Vader gedoen. Hy het Sy dissipels duidelik laat verstaan dat hulle wat Sy dissipels wil wees dieselfde sal moet doen. Hy het gekom om ons te verlos van die wortel van sonde in ons lewe - om ons eie wil te doen.

In Wetenskap, vir duisende jare, het die mens die fout gemaak deur te dink dat die aarde die middelpunt van die ruimte is. Dit het so gelyk vir die mens se oë - omdat die son, maan en sterre voorgekom het o mom die aarde te draai, elke 24 uur. Dit het die moed gevat van Copernicus om dit te bevraagteken, byna 500 jaar gelede. En hy het bewys dat dit vals was en dat die aarde nie eens die middelpunt van die sterrestelsel is nie, wat nog van die hele ruimte. Die aarde, het hy gewys, is gemaak om in die middel van die son te wees. So lank as wat die mens die verkeerde middelpunt gehad het, was sy wetenskaplike berekeninge verkeerd - omdat sy middelpunt verkeerd was. Maar toe die mens die regte middelpunt ontdek het, was hierdie berekeninge reg.

Dit is dieselfde met ons as ons "self-gesentreerd" in plaas van "God-gesentreerd" is. Ons begrip van die Bybel en van God se perfekte wil (ons berekeninge) sal dan ook verkeerd wees. Maar net soos die mens vir 500 jaar oortuig was dat hulle reg was (soos vroeër bespreek), mag ons ons ook verbeel dat ons reg is! Dit is wat ons so dikwels sien onder baie "goeie Christene" vandag. Hulle het so baie verskillende interpretasies van dieselfde Bybel-en tog is elkeen oortuig dat hulle interpretasie alleen reg is en al die ander s'n verkeerd is. Die mens was geskape sodat God die middelpunt van Sy lewe kan wees en nie dat hy sy eie middelpunt kan wees nie. En as Christene hulle middelpunt verkeerd het, is hulle "Evangelie" ook verkeerd. Daar is basies net twee tipes evangelies wat vandag gepreek word - een is mens-gesentreerd en die ander een is God-gesentreerd.

Die mens-gesentreerde evangelie belowe mense dat God hom alles sal gee wat hy nodig het om sy lewe op aarde gemaklik te maak, en ook vir hom 'n plek in die hemel te gee aan die einde van sy lewe. Daar word aan hom vertel dat Jesus al sy sonde sal vergewe, al sy siektes sal genees, hom materialisties sal seën en ryk maak, al sy aardse probleme sal oplos ens ens. Die self bly die middelpunt van so 'n mens se lewe, en God draai om hom - soos sy dienskneg - om al sy gebede te beantwoord en om hom alles te gee wat hy nodig het! Al wat hy moet doen is om te "glo" en om "alles te vra in Jesus naam". Dit is 'n valse evangelie, want nêrens word "bekering" eers genoem nie. Bekering is wat Johannes die doper, Jesus, Paulus, Petrus en al die apostels heel eerste gepreek het. En ongelukkig word "bekering" glad nie meer gepreek vandag nie.

Die God-gesentreerde evangelie, aan die ander kant, roep die mens om homself te bekeer. Dit verduidelik dat "bekering" beteken: Om weg te draai van die self wat die middelpunt in hull ewe is, van die eie wil, van die weg wat hou van geld, en van die weg wat lief is vir die wêreld en die dinge in die wêreld (die begeerlikhede van die vlees, die begeerlikhede van die oë en die trotse lewe) ens, en om na God te draai. Om Hom lief te hê met jou hele hart, en om Hom die middelpunt van jou lewe te maak, en om Sy wil te doen ens. Geloof in Christus se kruisdood kan 'n mens se sonde alleenlik wegwas as jy tot bekering gekom het. Dan kan jy die krag van die Heilige Gees ontvang wat jou dan sal instaat stel om jouself daagliks te verloën sodat jy 'n God-gesentreerde lewe kan leef. Dit is die evangelie wat Jesus en die apostels gepreek het.

Die valse evangelie maak die hek wyd en die weg groot (maklik om langs te wandel, omdat die mens homself nie hoef te verloën nie, en omdat die mens nie hoef te stop met die genietinge van die wêreld nie). Miljoene woon byeenkomste by waar daardie valse evangelie gepreek word. En baie gaan deur hierdie hek en wandel op hierdie weg, terwyl hulle glo dat dit na die lewe lei. Maar dit lei eintlik na verwoesting. Die evangeliste van hierdie evangelie gee verslag van die groot aantal mense wat 'hulle hande opgelig het en 'n keuse gemaak het vir Christus' in hulle byeenkomste !! Maar dit is alles verleidend. Alhoewel sommige werklik bekeerd raak in sulke byeenkomste, oor hulle opregtheid, eindig baie van hierdie 'bekeerlinge' in 'tweevoudige kinders van die hel' (Matt 23 :15) - verlei oor hulle toestand.

Die ware evangelie maak die hek klein en die weg smal - nie kleiner of smaller as wat Jesus dit gemaak het nie, soos sommige 'super-geestelike' mense dink. Daar is so min wat hierdie lewe vind. Daar is nie baie wat hierdie evangelis oor kan raporteer nie, en die statistieke is nie so indrukwekkend nie. Maar hierdie evangelie lei mense na die Here Jesus en na die hemel (Luk 8:18).

Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.