Verleiding en valse herlewing

Geskryf deur :   Zac Poonen kategorieë :   Godsdienstig of geestelik
Article Body: 

Jesus en die apostels het herhaaldelik gewaarsku dat daar in die laaste dae gekenmerk sal word deur 'n wêreldwye verleiding en 'n menigte valse profete (Matt 24:3, 11, 24; 1 Tim 4:1) - en ons het al baie van hulle gesien die afgelope paar dekades.

Hoekom word miljoene Christene verlei deur valse profete en hierdie valse "herlewings"? En hoekom is so baie predikers prooi vir immoraliteit en gulsigheid?

Hier is, wat ek sien, sommige van die hoof redes is:

1. Meeste Chrisene vandag is nie bewus van wat die Nuwe Testament leer nie, omdat hulle dit nie sorgvuldig bestudeer nie; en daarom volg hulle die leringe van hul leiers en nie die leringe van die Nuwe Testament nie.

2. Wonderwerke (bonatuurlike talente) het meer belangrik geword vir hulle as hul karakter ('n bonatuurlike lewe).

3. Materialistiese welstand het belangriker geword vir hulle as hul geestelike welstand.

4. Hulle is onbekwaam om die verskil raak te sien tussen sielkundige manipulasie en die ware beweging van die Heilige Gees; die oorsaak weereens is onkunde van die Nuwe Testament.

5. Hulle is onbekwaam om onderskeid te tref tussen psigomatiese genesing (genesing wat die lei tot die regte gesindheid van die gedagtes), en bonatuurlike genesing in Jesus se Naam.

6. Emosionele opgewondenheid en snaakse fisiese manifiestasies het vir hulle meer belangriker geword as die innerlike vreugde van die Here.

7. Vir die leiers, het hulle bediening aan die mense meer belangriker geword as die innerlike wandel met God.

8. Die goedkeuring van die mens het meer belangriker geword vir hierdie leiers as die goedkeuring van God.

9. Die getal van mense wat die byeenkomste bywoon het meer belangriker geword vir die leiers as die geestelike toestand van die mense, en of hulle ooit werklik oorgegee is aan Christus.

10. Die bou van hulle persoonlike koninkryk en hulle finansiele groei het belangriker geword vir hierdie leiers as die bou van 'n Kerk en om hulleself as diensknegte bereidwillig te verklaar (Jer 6:13).

Hierdie dinge is alles die teenoorgestelde van wat Jesus ingedagte gehad het. Die teenoorgestelde van Christus word die "antichrist" genoem in die Nuwe Testament. As Christene dit nie duidelik raaksien nie, wanneer die Antichris verskyn, met sy valse tekens en wonders (2 Thes 2:3-10), gaan hulle hom ook blindelings aanvaar. Om gelei te word deur die Gees van Christus is om presies die teenoorgestelde gees te hê as die bostaande genoemde feite.

Hier is 'n verklaring van Jesus se woorde in Mattheus 7:13-27 (Lees binne die konteks van Matt 57)

"Beide die hek en die weg na die EWIGE LEWE is baie small - net soos Ek nou beskryf het (Matt 5-7). Maar valse profete gaan kom en vir julle vertel dat die pad en die weg nie so small is nie, maar maklik en wyd. Pasop vir hulle. Julle sal instaat wees om hulle uit te ken aan die vrugte wat hulle sal dra: Lewe hulle 'n lewe weg van torn, vry van luste van vrouens, vry van die liefde van geld en vry van angstige begeerte na materialistiese welstand (soos wêreldse mense doen)? Preek hulle teen hierdie dinge soos wat Ek hier doen? (Matt 5:21-32 en 6:24-34). Hierdie valse profete mag van baie bonatuurlike gawes besit en wonderwerke doen wat mense genees in My Naam, maar Ek sal hulle nogsteeds almal hel toe stuur in die laaste dag, omdat hulle My nie geken het nie (as DIE HEILIGE EEN) en hulle het nie sonde opgegee in hulle private lewens nie (Matt 7:21-23). So as julle 'n Kerk op die rots wil bou wat nooit in der ewigheid sal wankel of inmekaar stort nie, wees versigtig om te doen alles wat Ek beveel (Matt 5-7) en leer julle mense om ook alles te doen wat Ek vir jou gesê het om te doen. Dan sal Ek altyd by jou wees en My outoriteit sal jou altyd ondersteun (Matt 28:20,18). Maar as jy net hoor wat Ek sê en dit nie doen nie, dan sal wat jy bou dalk na 'n groot en beindrukte

Kerk lyk na die mens, maar Ek sal dit sekerlik vernietig en tot 'n val bring een dag (Matt 7:25)."

Hoe gaan ons dan 'n onbeweeglike Kerk bou in hierdie laaste dae?

1. Ons moet gehoorsaam wees aan God se Woord (Matt 5-7) en dit gedurig preek.

2. Ons moet in die nuwe-verbond lewe en nie in die ou-verbond nie. Hiervoor moet ons baie duidelik die verskil ken tussen die twee (2 Kor 3:6). Ons moet ook die nuwe-verbond preek.

Wanneer predikers in ernstige sondes val vandag, regverdig hulle hulself deur (en vind vertroosting daarin) die voorbeelde van die Ou Testamentiese gelowiges wat ook in sonde geval het. En dan hervat hulle hul bediening na tydperk van stilte. Hulle kwoteer die voorbeelde van Dawid wat owerspel gepleeg het, en Elia wat depressief geraak het, en hulle sê "Maar God het hulle nogsteeds gebruik"! Maar hulle sal nie die voorbeeld van Pualus kwoteer wat in oorwinning en reinheid gelewe het tot die einde van sy lewe nie.

Wat hierdie predikers (en meeste Christene) nog nie gesien het nie is dat die Ou Testamentiese gelowiges NIE ons voorbeelde is vandag nie. Aan ons is baie meer gegee in hierdie tyd van genade - "en elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word" (Luk 12:48). Jesus is die Moderator van die NUWE verbond en HY is ons Voorbeeld en die Auteur van ons geloof vandag - nie Dawid of Elia nie. Die verskil tussen die Ou Testamentiese gelowiges (gelys in Heb 11) en Jesus, word baie duidelik gemaak in Heb 12:1-4. Maar bitter min lewe in hierdie realiteite. Baie min het gesien dat "God het iets beters oor ons beskik" in die nuwe verbond (Heb 11:40).

Enige een van ons kan val op die manier wat baie predikers alreeds geval het, as ons nie waaksaam en opmerksaam is nie - want Satan is 'n aanhoudende vyand. Ons veiligheid lê in die onderhouding van die Nuwe Testamentiese leringe en om onsself te onderwerp aan goddelike leierskap. (En by "goddelike" leierskap, bedoel ek hulle wat nie eens een van daardie verkeerde eienskappe besit wat vroeër bespreek is nie). As ons leer uit die foute van ander, kan ons dit vermy om dieselfde foute te maak.

So laat ons ons hoofde in die stof hou voor die Here te alle tye - want dit is daar waar ons duidelike openbaring sal ontvang, soos Johannes het (Op 1:17). As ons onsself verneder, sal ons genade ontvang om oorwinnaars (1 Pet 5:5) te wees. En wanneer die Heilige Gees ons die waarheid in God se Woord wys en die waarheid oor onsself, laat ons totaal eerlik wees en "die waarheid liefhê, soos om gered te wees" van alle sonde. Op daardie manier sal ons beskermd wees deur God Homself van alle verleidinge (2 Thes 2:10,11). Amen.