Die Evangelie Boodskap

Geskryf deur :   Zac Poonen kategorieë :   Fundamentele Waarheid soeker
Article Body: 

In hierdie artikel wil ek verduidelik wat dit beteken om "weergebore" of "gered" te wees.

Bekering is die eerste stap in hierdie ondervinding. Maar om jou te bekeer (wegdraai van sonde) moet jy eers weet wat sonde is. Daar is baie valse begrippe van bekering onder die Christene van vandag, omdat daar so baie valse begrippe is van sonde.

Die standaarde in die Christendom het baie gedaal gedurende die afgelope paar dekades. Die "evangelie" wat vandag gepreek word deur die meeste evangeliste is 'n hoogs afgewaterde waarheid. Mense word vertel dat hulle net in Jesus moet glo. Maar om alleenlik in Jesus te glo sonder om jou te bekeer gaan niemand red nie.

Om wedergebore te wees is die fondasie van die Christelike lewe. As jy 'n goeie lewe lei, sonder hierdie fondasie, dan gaan jou Christenskap net soos al die ander gelowe in die wêreld wees - wat ook vir mense leer om goeie lewens te lei. Ons moet beslis 'n goeie lewe lei. Maar dit is die struktuur van Christenskap en nie die fondasie nie. Die fondasie is om weergebore te wees. Ons moet almal hier begin.

Jesus het die uitdrukking "weergebore" gebruik in Joh 3:3, terwyl Hy met Nikodemus gepraat het wat 'n geestelike leier en 'n Godvresende man was wat reg gelewe het. Nogtans het Jesus vir hom gesê, "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou as jy nie weergebore word nie, sal jy die koninkryk van God nie sien nie" (Joh 3:3). So ons sien dat ons God se koninkryk alleenlik gaan ingaan as ons 'n geestelike geboorte ondergaan, selfs al is jy 'n goeie mens! Jesus het toe vir hom gesê dat Hy (Jesus) op 'n kruis verhoog gaan word om te sterf en dat hulle wat in Hom glo die ewige lewe gaan beerwe (Joh 3:14,

16).

Jesus het aangegaan om vir hom te sê dat mens die duisternis meer liefhet as die lig, omdat hulle werke boos was (Joh 3:19). Maar hulle wat eerlik is sal in die lig inkom om gered te word (Joh 3:21). Om weergebore te wees, moet jy in die lig kom. Dit beteken jy sal moet eerlik raak voor God en jou sondes bely teenoor Hom. Dit is tog te verstane dat jy nie al jou sondes gaan kan onthou wat jy gepleeg het nie. Maar jy moet besef dat jy 'n sondaar is en die sondes bely wat jy wel van bewus is.

Sonde is 'n baie groot ding, en in die begin kan jy net 'n baie klein gedeelte daarvan in jou lewe raaksien. Dit is amper soos om in 'n baie groot dorp te bly waarvan jy net 'n klein gedeelte van gesien het. Maar soos wat jy wegdraai van die sonde wat jy ken, sal jy al hoe meer en meer van hierdie "dorp van sonde" in jou lewe begin raaksien. Soos wat jy in die lig wandel sal jy meer en meer van jou sonde bewus word - en kan jy dan jouself reinig daarvan. Daarom moet jy te alle tye in alle eerlikheid voor God wandel.

Om 'n ander illustrasie te gebruik: Jy bly in 'n huis wat baie kamers het wat vuil is. Jy wil graag hê dat die Here Jesus in jou huis moet kom woning maak. Maar Hy kan nie in vuil kamers woon nie. So Hy help jou om kamer vir kamer skoon te maak. Bietjie vir bietjie word die hele huis skoon gemaak. Dit is hoe ons groei in heiligheid in die Christelike lewe.

Die apostel Paulus het eens gesê dat orals waar hy gegaan het, het hy dieselfde boodskap aan almal verkondig : Bekering na God en geloof in die Here Jesus Christus (Hand 20:20). Hierdie is die twee vereistes om 'n goeie fondasie in jou lewe te lê en om weergebore te wees. God het bekering en geloof saam gebind. Maar die meeste Christen predikers het dit van mekaar geskei. Bekering is uitgelaat van die meeste van vandag se evangelie-prediking. Slegs geloof word gepreek deur die meeste predikers.

Maar as jy net geloof het, kan jy nie weergebore wees nie. Dit is soos om te sê dat 'n vrou nie 'n kind kan kry by haarself nie, maak nie saak hoe hard sy probeer nie. 'n Man kan ook nie by homself 'n kind kry nie. 'n Man en 'n vrou moet bymekaar kom sodat 'n kind gebore kan word. Net so, wanneer geloof en bekering bymekaar kom word daar 'n geestelike kind gebore - die nuwe geboorte kan plaasvind in jou gees. Hierdie geestelike geboorte is net so eg soos 'n fisiese geboorte - en dit vind ook plaas, oombliklik. Dit is nie 'n stadige proses nie.

Dit mag dalk maande vat vir die voorbereiding van die nuwe geboorte - net soos wat daar maande se voorbereiding getref word vir 'n fisiese geboorte. Maar die nuwe geboorte self (net soos fisiese geboorte) vind plaas oombliklik. Sommige Christene weet nie wat die datums is van hulle nuwe geboorte nie. Ek weet self nie die datum van my eie geboorte nie. Maar dit is net soos om nie jou fisiese geboortedag te onthou nie. Dit is nie 'n ernstige saak nie - solank jy net lewe !! In dieselfde manier is dit belangrik om te weet dat jy in Christus lewe.

Is ons besig om in 'n tonnelvisie daarna te kyk wanneer ons sê dat Jesus die enigste weg is na God? Laat my dit kortliks verduidelik deur middel van 'n illustrasie: Iemand wat nog nooit my vader gesien het nie (selfs nie eers op 'n foto nie). kan nie weet hoe my vader lyk nie. Net so weet ons ook niks van God af of die weg om by Hom uit te kom nie, omdat ons Hom nog nooit gesien het nie. Jesus Christus aan die ander kant het van God af gekom. En daarom kan Hy alleen vir ons die weg wys na God toe. Hy het gesê "Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie" (Joh 14:6).

Wanneer ons dink aan daardie feit dat Jesus gesê het dat Hy die ENIGSTE WEG is na God die Vader toe, moet ons besluit of wat Hy gesê het is die waarheid of Hy was 'n leunaar en 'n verleier. Wie sal dit waag om te sê dat Hy 'n leunaar of 'n verleier is? Dit is nie genoeg om te sê dat Jesus net 'n goeie man of 'n profeet was nie. Nee. Hy is God self - en nie net 'n goeie man nie. Hy kon onmoontlik nie 'n goeie man gewees het as Hy 'n leunaar of 'n verleier was nie! So ons kan die slotsom maak dat Jesus inderdaad God was in 'n menslike vorm.

Alle waarheid is <narrow minded>. In Wiskunde is 2 + 2 altyd 4. Ons kan nie redeneer en sê dat 3 of 5 ook moontlik die antwoord kan wees nie. Ons kan nie eers 3.999999 aanvaar nie. As ons sulke variasies van die waarheid aanvaar, sal ons wiskundige kalkulasies verkeerd wees. In dieselfde manier, weet ons die aarde om die son wentel. As ons besluit om te aanvaar dat sommige teorië glo dat die son om die aarde wentel, gaan ons astronomiese kalkulasies nie reg uitwerk nie. Dieselfde in Wetenskap. H20 is water. Ons kan nie redeneer en sê dat H20 sout ook is nie. So ons sien dat die waarheid baie nougeset is, en nie weg redeneer kan word nie. Net so is dit in die geval met God. As ons denke nie nougeset is rondom Wiskunde of Wetenskap nie kan dit lei tot ernstige foute - en net so is dit rondom die waarheid van God!

Die Bybel leer dat alle mense sondaars is - en Jesus het vir ons sonde gesterf. So, as jy na Jesus toe kom as 'n Christen, sal Hy nie jou sondes vergewe nie, want Hy het nie kom sterf vir Christene nie ! He het gesterf vir sondaars. Die enigste persoon wat vergewe kan word is die een wat na Jesus kom en vra "Here, ek is 'n sondaar". Jy kan nie na Jesus kom as 'n lid van enige geloof nie, want Hy het gesterf vir sondaars. As jy na Hom toe kom as 'n sondaar, kan jou sondes onmiddelik vergewe word.

Dit is maklik vir ons almal om te weet dat ons sondaars is - omdat God vir ons elkeen 'n gewete gegee het. Kinders het 'n baie sensitiewe gewete, wat hulle baie gou bewus maak van wat verkeerd is. As 'n 3-jarige kind 'n leun vertel, lyk sy gesig skuldig omdat sy gewete skuldig is. Maar 15 jaar later, kan hy 'n leun vertel sonder dat daar iets op sy gesig weerspeel, omdat hy sy gewete doodgemaak het deur aanhoudend die stemmetjie stil te maak. Die sool van 'n baba se voet is so sensitief dat die geringste aanraking, selfs van 'n veer, gevoel kan word. Maar die sole van volwassenes is so hard dat hul nie eers nie steek van 'n doring dadelik voel nie, maar eers as dit baie hard ingedruk word. Dit is wat met hul gewetens ook gebeur soos wat hulle volwasse raak.

Die gewete is 'n stem wat God in elkeen van ons geplaas het, wat vir ons sê dat ons morele wesens is. Dit gee ons 'n basiese begrip van reg en verkeerd. So dit is 'n wonderlike geskenk van God. Jesus het dit "die oog van die hart" (Luk 11:34) genoem. As ons nie baie mooi gaan omsien na hierdie 'oog' nie, gaan ons geestelik blind word. Dit is net so gevaarlik om die prikkels van ons gewete te ignoreer as om die stof wat in ons oë kom te ignoreer - eendag gaan jy vind dat jy heeltemal blind geword het, geestelik.

Wanneer babas gebore word het nie een van hulle 'n godsdiens nie. Hulle is almal dieselfde. Twee jaar later, is hulle nogsteeds dieselfde - selfsugtig en vol probleme. Maar soos wat die tyd verbygaan, leer hulle ouers hulle van verskillende godsdienste ens. En dit is hoe hulle op eindig in verskillende godsdienste. In meer as 90% van die gevalle, is 'n persoon se godsdiens gebaseer op wat sy ouers vir hom gekies het.

Maar God kyk nie na ons as mense met verskillende godsdienste nie. Hy sien ons almal as sondaars. Jesus het vanuit die hemel na die aarde gekom om vir die hele mensdom se sondes te sterf. Hy het nie gekom vir hulle wat reken hulle is goed genoeg om die teenwoordigheid van God in te tree nie, maar vir hulle wat besef dat hulle sondaars is en nie werd is om in God se teenwoordigheid te kan ingaan nie. Dit is jou gewete wat vir jou sê dat jy 'n sondaar is. So waarom moet dit moeilik wees om na Jesus toe te kom en te sê, "Here, ek is 'n sondaar, en het baie verkeerde dinge in my lewe gedoen"?

'n Vraag wat sommige mag vra is, "Kan 'n goeie God nie maar net oor ons sondes kyk en vergewe nie, net soos 'n aardse vader sal vergewe nie?". As 'n seun iets baie waardevols gebreuk (of verloor) het, en baie jammer daaroor was en vergifnis gevra het vir sy vader, sal sy vader hom vergewe. Maar hierdie sake is nie morele probleme nie. As al ons sondes maar net soos hierdie aardse gevalle was, sal God ons onmiddelik vergewe het. Maar sonde is nie soos hierdie aardse gevalle nie. Sonde is 'n kriminele oortreding.

As 'n man 'n regter was in 'n hof en sy eie seun het voor hom gestaan, aangekla van sommige oortredinge, kan hy vir sy seun sê, "Seun, ek het jou lief. Ek sal jou nie straf nie"? Enige aardse regter met die geringste sin van regverdigheid, sal nooit so iets doen nie. Daardie sin van regverdigheid wat in die mens is is maar net 'n klein gedeelte van die perfekte regverdigheid van die Almagtige God, na wie se beeld ons geskape is. So wanneer ons iets baie ernsig verkeerd gedoen het, moet God as die regter vir ons sê, "Ek het jou baie lief maar jy het 'n oortreding began - en daarom moet Ek jou straf." In daardie hof, alhoewel die seun baie jammer is oor sy oortreding, moet die vader hom nogtans straf, as 'n regter. Laat ons veronderstel dat die seun 'n bank beroof het. Die vader beboet hom volgens die wet - veronderstel een miljoen rand. Aangesien die seun nie die geld het om dit te betaal nie, moet hy tronk toe gaan! Die vader stap dan af van die regeterstoel, en trek sy mantel uit. Hy haal sy persoonlike tjekboek uit en skryf die volle bedrag van een miljoen rand uit (sy hele lewens besparings) en gee dit vir die seun om sy boete te betaal. Kan sy seun hom nou beskuldig dat hy hom nie liefhet nie? Nee! En in dieselfde manier kan niemand hom beskuldig deur te sê hy was nie 'n regverdige regter nie, omdat hy die straf uitgedien het wat die wet van hom vereis het. Dit is presies wat God vir ons gedoen het. Soos 'n regter het Hy aangedui dat ons almal moet sterf as gevolg van ons sondes. En toe het Hy afgekom as 'n Man en die straf self op Hom geneem.

Die Bybel leer ons dat alhoewel God een is, bestaan Hy uit Drie Persone - Vader, Seun en Heilge Gees. As God net een Persoon was, kon Hy nie van die Troon afgekom het en hier op aarde gewoon het in die Persoon van Jesus nie. Wie gaan dan na die ruimte omsien? Maar omdat God bestaan uit Drie Person, kon die Seun na die aarde toe gekom het en vir ons sondes gesterf het. Sommige mense doop net in die naam van Jesus, terwyl hulle sê dat daar net een Persoon in die Godheid bestaan - Jesus. Dit is 'n baie ernstige fout ! 1 Joh 2 :22 staan dat enige persoon wat God en die Heilige Gees verloën, het die gees van die antichris in hulle. Want dan ontken hy dat God die Seun in menslike vorm as Jesus Christus gekom het, en Sy eie wil verloën het om die wil van Sy Vader te doen om sodoende die straf op Hom te neem vir ons sondes. (1 Joh 4:2,3)

Jesus was totaal God en totaal mens toe Hy aarde toe gekom het. Toe Hy aan die kruis gesterf het, het Hy die straf van sonde op Hom geneem. Die straf van ons sonde is om geskei te wees van God vir ewig. En toe Jesus aan die kruis gehang het, was Hy geskei van Sy Vader in die hemel. Daardie skeiding is die ergste lyding wat enige mens ooit kan deurmaak.

Hel is die enigste God-verlate plek in die hemelruim. God is nie daar teewoordig nie. So in die hel manifisteer al die boosheid van die duiwel homself ten volle. Dit is daardie boosheid wat dit ondraaglik maar vir enige persoon wat soontoe gaan. Jesus het daardie pyn ondervind toe Hy aan die kruis gehang het. En Hy het daar gehang vir 6 ure. Maar in die laaste 3 ure was Hy van God verlaat. Die son het donker geword en die aarde het begin bewe. Sy konneksie met Sy Vader was afgesny. Die Vader is die hoof van Christus (1 Kor 11:13) - en toe Christus verlate was, was dit asof Sy hoof afgekap is. Ons sal nooit ten volle verstaan watter pyn dit werklik vir Hom was nie.

As Jesus net 'n normale mens was, sou dit nie moontlik gewees het vir Hom om die biljoene mense wat gelewe het en wat nog gaan lewe se sondes op Hom te geneem het nie. Want een man kan nie hang in die plek van biljoene moordenaars nie! Maar Jesus kon die straf neem omdat Hy die oneindige God is.

Verder, omdat Hy oneindig is, kon Hy ook die ewige pyn vat binne drie ure.

As Jesus Christus nie God was nie, en God die Vader het Hom gestraf vir ons sondes, sou dit 'n groot onreg gewees het. God kan nie een persoon straf vir die sonde van 'n ander nie, selfs al is die persoon gewillig om die straf te neem. Jou vriend kan nie jou straf neem en in jou plek hang nie. Dit sal onregverdig wees. So as Jesus net 'n normale mens was, en Hy het die sonde van ons op Hom geneem, sou dit 'n groot onreg gewees het.

So dit is duidelik dat dit nie moontlik kon gewees het vir Jesus om net 'n normale wese te wees en vir ons sondes die straf te dra nie. God alleen kon daardie straf op Hom neem, omdat Hy die regter van die hemelruim is. Hy het die reg om ons te straf - en Hy het die reg om die straf op Hom te neem. En dit is wat Hy gedoen het, toe Hy aarde toe gekom het in die persoon van Jesus Christus. Die fondasie van die Christelike geloof lê in hierdie twee waarhede: Eerstens, dat Christus vir die sondes van die mensdom gesterf het. Tweedens, dat Hy uit die dood uit opgestaan het na drie dae.

As Christus nie uit die dood uit opgestaan het nie, sou daar geen bewys gewees het dat Hy God was nie. Die feit dat Hy uit die dood uit opgestaan het is 'n bewys dat Hy was wie Hy gesê het Hy was. Geen godsdienstige leier het al ooit gesê dat hulle sal sterf vir die mensdom se sondes nie. En geen godsdienstige leier het al ooit uit die dood uit opgestaan nie. Hierdie twee feite alleen maak Jesus Christus uniek.

Alle godsdienste mag ons leer om goed te doen aan ander en om in vrede te lewe. Maar die Christelike geloof het 'n unieke fondasie : Christus het vir ons sondes gesterf en uit die dood uit opgestaan. As hierdie twee waarhede weggeneem word van die Christelike geloof, dan word dit net soos enige ander godsdiens. Hierdie twee waarhede is wat die Christelike geloof uniek maak.

Ons was almal gemaak om vir God te lewe. Maar ons het almal vir onsself gelewe. So, wanneer ons na God toe kom, moet ons kom as bekeerde diewe wat al vir jare lank steel, dit wat aan God behoort. Ons moet na Hom toe kom met dankbaarheid dat Christus vir ons gesterf het, en glo dat Hy uit die dood uit opgestaan het en lewe vandag. Ons kan onmoontlik Jesus aanbid as Hy nie gelewe het vandag nie - want jy kan nie bid tot 'n dooie persoon nie. Maar omdat Jesus uit die dood uit opgestaan het, kan ons met Hom praat.

Nadat Christus uit die dood uit opgestaan het, het Hy teruggegaan hemel toe. Toe het die Heilige Gees, die derde Persoon in die drie-eenheid, na die aarde gekom. Die Heilige Gees is 'n regte Persoon soos Jesus self. Hy het aarde toe gekom om ons lewens te vul met Sy teenwoordigheid. As ons onsself oorgee aan die Heilige Gees, kan Hy ons heilig maak. Wanneer jy vervul word met die Heilige Gees, sal dit moontlik wees om oorwinning oor sonde te hê. Niemand kon nog ooit so gelewe het voordat die Heilige Gees nie uitgestort was nie. Voorheen kon mense net hulle uiterlike lewens rein gehad het. Maar hulle innerlike lewens was nog besmet met sonde. Wanneer jy vervul word met die Heilige Gees, is dit God self wat in jou woon en Hy stel jou instaat om heilig te lewe innerlik ook.

Die wonderlike boodskap van die evangelie is dat jou hart totaal gereinig word wanneer God jou vergewe en Christus kan dan in jou woon deur die Heilige Gees wat jou liggaam 'n tempel van God maak.

Ek het op 'n keer met 'n Christen gepraat wat gerook het. Ek het hom gevra of hy ooit binne 'n kerk sal rook? Hy het gesê dat hy dit nooit sal doen nie omdat die kerkgebou die huis van God was. Ek het vir verduidelik dat hierdie liggaam die huis van God is en nie 'n kerkgebou nie. Jy sal tog nie egbreuk pleeg in die huis van God nie, sal jy? Jy sal ook nie na pornografie kyk in die kerkgebou nie. Jou liggaam is die huis van God, as God in jou woon. So wees versigtig wat jy doen met die dele van jou liggaam. Gewoontes soos rook, drink, en om onreine gedagtes toe te laat gaan jou liggaam en jou verstand vernietig.

Die Christelike geloof is soos 'n wedloop. As ons ons rug op sonde draai en weer gebore word, kom ons by die beginpunt van hierdie wedloop. Dan begin 'n maraton wedloop - tot aan die einde van ons lewe. Ons hardloop en hardloop en hardloop. En sodoende kom ons al hoe nader en nader aan die eindstreep elke dag. Maar ons moet nooit ophou om te hardloop nie.

Of 'n ander illustrasie: As ons weer gebore is, lê ons die fondasie van ons huis. Na dit begin ons stadig om te bou - en dit bestaan uit 'n paar verdiepings.

Hierdie is die beste lewe wat jy ooit gaan leef, want stelselmatig lê jy alles af wat boos en sleg is van jou lewe en word meer en meer soos God soos elke jaar verby gaan.

So wat moet jy doen om weergebore te word?

Eerstens, moet jy herken dat jy 'n sondaar is. Moenie jouself met ander mense vergelyk en enige vrede daarin vind dat jy beter as hulle is nie. Sonde is soos 'n dodelike gif. Of jy nou net een druppeltjie daarvan drink, of honderde druppeltjies, jy gaan nogsteeds sterf. So as jy 'n goeie begin wil maak in jou Christelike lewe, besef dat jy glad nie beter is as die grootste sondaar in die wêreld nie. Besluit dan om heeltemal weg te draai van alle bewustelike sonde in jou lewe.

Glo in Christus. Dit beteken jy moet jouself aan Christus oorgee - nie net om iets van Hom te glo in jou verstand nie. Jy kan in iemand glo sonder om jouself aan daardie persoon oor te gee. 'n Bruid word gevra op haar troudag. "Is jy gewillig om jouself oor te gee vir hierdie man?" Veronderstel sy sou geantwoord het, "Ek glo hy is 'n baie goeie man. Maar ek is nie seker of ek my hele lewe en toekoms aan hom wil oorgee nie". Dan kan sy nie met daardie man trou nie, want sy het nie geloof in hom nie. As 'n vrou trou, verander haar hele lewensrigting. Haar van word verander na die man se van. Sy verlaat haar ouers se huis en gaan woon saam met haar man. Sy mag dalk nie weet waar hy gaan woon nie, maar sy vertrou hom met haar hele toekoms. Sy het geloof in hom. Dit is die prentjie van wat bedoel word om geloof in Christus te hê.

Die woord "Christen" beteken "Mev Christus"! My vrou kon slegs my van geneem het nadat sy met my getrou het. In dieselfde opsig, kan jy ook net jouself 'n Christen noem as jy met Hom getroud is. As enige vrou my van aanneem sonder dat sy met my getroud is, en haarself "Mev Zac Poonen", sou dit 'n leuen wees. In dieselfde manier, enige persoon wat homself 'n Christen noem, sonder om getroud te wees met Christus vertel ook 'n leuen.

'n Huwelik is vir ewig en nie net vir 'n paar dae nie. In dieselfde manier, is dit 'n lewenslange verbintenis om 'n Christen te wees. Om totaal oorgegee te wees aan Christus, beteken nie dat jy nou perfek geword het nie. Wanneer 'n vrou getroud is, belowe sy nie dat sy nooit 'n fout gaan maak in haar lewe nie. Sy gaan baie foute maak, maar haar man sal haar vergewe. Maar sy belowe wel dat vir altyd saam met haar man gaan lewe. Dit is 'n prentjie van ons eenheid met Christus.

Die volgende stap wat jy moet neem is om gedoop te word met water. Om gedoop te word is om 'n huweliksertifikaat te ontvang. Jy kan nie trou deur net 'n huweliksertifikaat te kry nie. Net so kan jy ook nie 'n Christen word deur net gedoop te word nie. Dit is slegs nadat jy getroud is dat jy die sertifikaat kan kry. Net so, is dit eers nadat jy jouelf vir Christus gegee het dat jy gedoop kan word. Met die doop, getuig jy dat jy klaar is met jou ou lewe en het Jesus Christus Here van jou lewe gemaak.

Goeie mans en vrouens praat gedurig met mekaar. Net so moet jy ook gedurig met Jesus praat en na Hom luister soos wat Hy met jou praat deur die Bybel, elke dag.

'n Goeie vrou sal nooit iets doen wat haar man ongelukkig maak nie. Sy gaan alles wil doen in gemeenskap met hom. 'n Ware Christen wil ook nie iets doen wat God nie welbehaaglik is nie - soos om na 'n film te kyk wat Jesus nie na sal kyk nie. Hy sal niks doen wat hy nie saam met Jesus kan doen nie.

Kan jy verseker weet dat jy weer gebore is? Ja. In Rom 8:16 staan geskrywe "Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is."

Hierdie is 'n wonderlike lewe - omdat ons saam met die beste Vriend lewe wat enige een ooit kan hê. Ons sal nooit eensaam wees nie, want Jesus sal saam met ons wees altyd en orals. Ons kan ons probleme met Hom deel en Hom vra om ons te help om dit op te los. Dit is 'n lewe gevul met vreugde en blydskap en een wat vry is van angs en vrees - omdat Jesus die toekoms in Sy hande hou.

As jy weer gebore wil word, sê hierdie woorde in opregtheid van jou hart nou:

"Here Jesus, ek glo dat U die Seun van God is. Ek is 'n sondaar en verdien die hel. Dankie dat U my liefhet en vir my sonde aan die kruis gesterf het. Ek glo U het opgestaan uit die dood en lewe vandag. Ek wil wegdraai van my sondige lewe van nou af. Vergewe my asb al my sonde en gee vir my 'n haat daarvoor. Ek vergewe almal wat in enige opsig skade aan my gedoen. Kom in my lewe Here Jesus, en wees Here van my lewe van vandag af vir ewig. Maak my nou 'n kind van God."

God's Woord sê, "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo" (Joh 1:12). "En Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie." (Joh 6:37)

So jy kan verseker weet dat Hy jou aanvaar het.

Dan kan jy Hom dank deur te sê, "Dankie Here Jesus, dat U my vergewe het en my aanvaar het. Vul my met die Heilige Gees en gee my krag om vir U te lewe. Ek wil U wil alleen doen van hierdie dag af."

Jy moet nou God se Woord lees elke dag en Hom vra om jou te vul met Sy Heilige Gees daagliks. Jy het ook nodig om gemeenskap te hê met ander weer gebore Christene. Dan alleen sal jy kan groei in die Chriselike lewe en die krag hê om aan te hou om die Here te volg. So vra die Here om jou na die regte kerk toe te lei.

Mag die Here jou ryklik seën.

Artikel geskryf deur: Broer Zac Poonen was voormalig 'n Indiese Naval Offisier wat die Here getrou dien in Indië vir die afgelope 40 jaar as 'n Bybel onderwyser en ouderling waar hy verantwoordelikhede het in verskeie kerke.